Die hersiene kodes van goeie praktyk vir breë swartbemagtiging (BSEB) wat op 30 April 2015 in werking tree, gaan ’n ernstige impak hê op ondernemings wat kontraktueel daartoe verbind is om ’n sekere SEB-vlak te hê om ’n lisensie, ’n openbare-private-vennootskap of ’n konsessie te behou.
Paul Janisch, ’n BSEB-konsultant van Caird, sê die meeste maatskappye se SEB-vlakke gaan aansienlik daal.
Die dobbelbedryf is ’n tipiese geval. Dobbelmaatskappye het hulle by die Nasionale Dobbelraad daartoe verbind om SEB-vlak 2 te bereik volgens die generiese kodes vir groot maatskappye. Tans is 85 punte nodig hiervoor, maar onder die hersiene kodes sal dié maatskappye ’n puntetelling van 95 moet hê.Volgens Janisch is die vereistes om dié telling te bereik, ’n oormatige las. As die maatskappye nie aan die voorgeskrewe vlak voldoen nie, kan hulle beboet word of hul lisensie verloor.
Die hersiene kodes is beslis nie sakevriendelik nie, sê Janisch, en boonop is hulle ongelooflik vaag en straf.
Maatskappye wat tans op vlak 2 is, sal moeilik enigiets na aan vlak 7 onder die hersiene kodes bereik.
“Dit sal vir maatskappye wat nie in swart besit is nie byna onmoontlik wees om mee te ding met maatskappye in swart besit, sê Janisch.Maatskappye in swart besit kan heel waarskynlik die meeste regeringskontrakte inpalm.
Maatskappye wat veral bekommerd moet wees, is dié soos in die dobbelbedryf wie se behoud van hul lisensies afhang van hul SEB-vlakke.
Janisch meen sulke kontraktuele slaggate kan in die toekoms uitbrei na ander vorme van private-openbare-vennootskappe en regeringstoegewings, soos vir die toekenning van dranklisensies.
Die enigste manier waarop maatskappye die kode se minimum puntetelling kan bereik, is as hulle verskaffers ook aan die hersiene kodes gemeet is, en dit gaan jare neem, sê Janisch.
Boonop sal die meeste kernverskaffers se telling ook met ’n paar vlakke daal.
More on Tsogo Sun in the next post
Comments